Wat is by Beit HaSefer beskikbaar?
By Beit HaSefer is die wydste moontlike verskeidenheid
opvoedkundige materiaal wat in die mark beskikbaar is binne
jou bereik. Ons voorsien handboeke, ‘Rekenaar
Opleidingsmateriaal’ asook ‘Rekenaar
Gebaseerde Onderrig’ materiaal. Ons
bied jou ‘n plek waar jy omtrent enige iets wat jy
nodig het kan kry om ‘n opvoedkundige sukses te maak.
In stede daarvan om agente vir sekere produkte te wees,
sal ons vir jou die produk van jou keuse uit ‘n groot
verskeidenheid voorsien. Waar dit gebeur dat ‘n produk
nie by ons beskikbaar is nie omdat dit produkte is wat ons
nie kan of mag aanhou nie, verwys ons jou graag na ander
spesialiste wat dit wel doen. Ons reeks produkte staan nie
sonder rede as ‘die wydste verskeidenheid’ in
Suid Afrika bekend nie. Indien dit ‘n kwaliteit produk
is, behoort dit by ons verkrygbaar te wees. Indien ons dit
nie het nie, kan ons dit kry of skep.
Produk ontwikkelaars en groothandel verskaffers
Produkontwikkelaars en verskaffers kan gerus met ons kontak
maak om nuwe produkte deur ons beskikbaar te stel.
Beit HaSefer beskik oor die dienste van ‘n profesioneel
geakrediteerde Intruksionele Ontwerper om jou opvoedkundige
produkte te verbeter of om opleidingsbehoeftes te bepaal
en opvoedkundige materiaal en produkte vir jou te ontwikkel.
Instruksionele Ontwerp
Beit HaSefer beskik oor die dienste van ‘n professioneel
geakrediteerde Intruksionele Ontwerper om jou opvoedkundige
produkte te verbeter of om opleidingsbehoeftes te bepaal
en opvoedkundige materiaal en produkte vir jou te ontwikkel.
Die basiese instruksionele ontwerp proses sluit die volgende
in:
· Differensieer tussen bestuurs/administrasie en
ander werkverwante probleme en werklike opvoedkundige behoeftes
· Ontleed opleidingsbehoeftes
· Beplan projek en bepaal strategieë vir kurrikulum
ontwikkeling
· Annaliseer leerders
· Lys en analiseer prestasietake
· Formuleer leerkonsikwensies en doelwitte
· Selekteer opvoedkundige leermeganismes
· Struktureer leermateriaal
· Ontwikkel leermateriaal
· Evalueer kursusware
· Bepaal strategieë vir implementasie metodes
Fasilitering
Professionele fasilitering van verskillende prosesse, waarvan
die vernaamste leerprosesse, is as ‘n diens vanaf
Beit HaSefer beskikbaar.
|