Beit Hasefer, Huis van die Boek, Verskaffers van Opvoedkundige materiaal soos boeke en sagteware, vir tuisskool en ander skool opvoeding. Vakke beskikbaar - afrikaans, engels, wiskunde, wetenskap, aardrykskunde, rekeningkunde, biologie, fisika, chemie, ekonomie en vele meer.
Switch to English
Beit Hasefer is die antwoord vir tuis skool en ander skole. Ons verskaf boeke en sagteware vir tuisskool en ander opvoedkundige omgewings.
 
 
Wie is ons
Wie is ons kliente
 


Tel. Internasionaal:
(+27) 12-546-0701

 

Ons nie op Shabbat beskikbaar nie

Ons is slegs op afspraak beskikbaar vir konsultasies.
-------------------------
Ons nie op Shabbat beskikbaar nie.
-------------------------

Wat is Beit HaSefer?
Het u opvoedkundige materiaal nodig? Wel, u is nie alleen nie – ons is tot u diens. Beit HaSefer het die oplossing geword vir vele mense en instansies, waarvan die vernaamste tuisskool ouers is wat die verantwoordelikheid van die opvoeding van hulle kinders op hulself neem. Anders as “diensverskaffers”, wat hul eie sisteem van onderrig aan u verkoop, bied Beit HaSefer u opvoedkundige produkte. Ons bied u die opsie om die beste produk uit die grootste beskikbare reeks kwaliteit produkte te kies. Op hierdie wyse bied ons u ‘n buigsame en koste effektiewe metode om u kind enige tyd en enige plek op te voed. Met ander woorde:- ons verskaf opvoedkundige oplossings waar die behoefte opvoedkundige produkte en materiaal is! BeitHaSefer is DIE “Huis van die Boek”.

Waar is Beit HaSefer?
Beit HaSefer se dienste sluit posaflewering in. Telefoniese bestelling word spoedig hanteer, terwyl aflewering by die adres van jou keuse plaasvind. Ons is in Pretoria, Suid-Afrika gevestig waar baie van ons kliente ons besoek.

Wat is die betekenis van ‘Beit HaSefer’?
Beit HaSefer" is ‘n Hebreeuse term met ‘n paar betekenisse. Eerstens, "Beit" beteken "Huis" en "Sefer" beteken "Boek". Die betekenis van "Ha" is "die", wat gevolglik die saamgestelde betekenis "Huis Die Boek" het. Wanneer ons dit meer verstaanbaar vertaal beteken dit eerstens "Huis van die Boek"- met ander woorde “die huis waar boeke is”. Tweedens, as ‘n Hebreeuse term, beteken dit "Skool". Die derde, en mees belangrikste betekenis is "Huis van die BOEK". Al is al die betekenisse vir ons familie van toepassing neem "die BOEK" (wat mense na verwys as “Die Bybel”) die mees prominente “boek-plek” in ons huis en lewens. Om op te som: As familie is ons lewens op “die BOEK” gebasseer terwyl ons self as tuisskool familie baie “Boeke” gebruik en derdens maak ons dit ons besigheid om mense met kwaliteit “Boeke” en ander opvoedkundige materiaal te help.

Wat bied Beit HaSefer jou?
Ons offer jou “DIE BESTE GEREEDSKAP vir die opvoedingstaak” teen die bes moontlikste prys!
Ons wys jou wat is beskikbaar en jy en jou kinders kies die mees toepaslikste en beste produk uit die wydste reeks produkte beskikbaar. Ons neem verskillende persoonlikhede, leerstyle, en jou voorkeur en aanslag met betrekking tot leer in ag en help jou om self die keuse te maak in wat jy wil gebruik. Jou keuse sal jy kan maak uit die grootse moontlike reeks van opvoedkundige produkte beskikbaar in die land. Vanaf 1997 ondersteun en help ons mense op hierdie manier. Wanneer jy opvoedkundige materiaal soek; onthou, - ons help jou, ons neem nie die besluite namens jou nie. Alle onderwysdepartement goedgekeurde, en vele ander boeke en opvoedkundige materiaal is by ons beskikbaar.